
=====================================================================
Wat onthou word, l n aan die hart (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Wat onthou word, l n aan die hart

Flip Strydom kyk terug op meer as sewe jaar se werk vir die ou Stigting vir Afrikaans.

Die werksaamhede van die SvA het 'n magdom van ervaring meegebring. Op hierdie sterk boustene gaan ons die geletterdheidswerk binne die 
nuwe uitdagende Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans bou. Ek en my medewerkers is geesdriftig om mee te werk aan die uitroei van die 
vloek van ongeletterdheid onder spesifiek Afrikaanse mense.

Ek is gevra om sommer so uit die vuis 'n paar dinge neer te skryf wat ek uit die geletterdheidswerkgebied onthou. Miskien kom daaruit na 
vore dat die grondwerk van die eerste jare 'n sterker emosionele verhoudingsbasis behels het, as wat dit deur strategiese beplanning gerig 
was.

* Ek onthou die totale vreemdheid waarmee 'n mens in 1993 die Kaapse wreld moes binnery; jy was geen boorling van die Kaap nie, jy was nog 
nooit voorheen eens naby nie.
* Ek onthou die alleenheid van die eerste jare toe ongeveer 10 000 km per maand met die Conquest afgel is. Dit was die tyd vr 
saamryvriende. Ek onthou my latere maat oor ver paaie, Horatio Hart. En ander vriende soos John Maralack.
* Ek onthou die onbevange hartlikheid waarmee jy as verteenwoordiger van die Stigting vir Afrikaans ontvang is in gemeenskappe vir wie die 
organisasie maklik verdag kon geklink het: veral dankie aan die mense van Atlantis, want hulle was die eerste liefde.
* Ek onthou die werkywer en sang van leerders in voorkamers, klaskamers, rietskuilings, sinkgeboutjies of waar ook al en ek onthou hoe dit 
lyk wanneer die wonderwerk van geletterdheid by grootmense gebeur.
* Ek onthou nagtelike ritte terug van projekte op nat, glibberige grondpaaie in die Tsitsikammawoude en die rustige stemme van Jackie 
Joseph en Horatio in die kar.
* Ek onthou vir Isaac Doktor, wat die ontwikkelingsveld van die Groot Karoo oor duisende kilometers telkemale vir my, John en Horatio 
oopgemaak het.
* Ek onthou die danse in die Mier Landelike Gebied: hoe die oudstes onder die leerders eerste skuifelend uitbeweeg in die kring en die 
ander dan stadig inval op maat van eie sang en slepende voetgedreun.
* Ek onthou die basstem van Piet op Rietfontein en Hilda Kassie se helder sopraanstem in die Kalahari-nag van Askham.
* Ek onthou die leerders van Warmbad wat hulle eie openingslied op die wysie van Kumbaya gekomponeer het: "Leer ons lees, O Heer, en leer 
ons skryf." (Die leerder met die kitaar kon geen ander wysie speel nie.) Ek onthou pap wiele sonder noodwiele of domkrag en ek onthou die 
stofsweet op Horatio se gesig.
* Ek onthou eindelose ABET-vergaderings en werkswinkels en bosberade. Dit was 'n eiesoortige kameraadskap.
* Ek onthou vir antie Elize van Bishop Lavis wat my hand vashou terwyl sy vir my 'n gebed sing. En ek onthou die hartseerstories wat 
leerders oor hulle lewens vertel het.
* Ek onthou Victor Altensteadt se afgryse vir grondpaaie en vir Quenten Newman wat binne die eerste kilometer insluimer. Ek onthou ook my 
eie "substasies" met Horatio veilig agter die stuur.
* Ek hoor nog vir Basil Kivedo waar hy die leerders van Onseepkans skoon uit hulle banke uit motiveer.
* Ek onthou jeugprojekte: Stephen Scheepers tussen sy rekenaars op Ashton, Dawid Owies en sy gespook met die jong klomp op Riviersonderend, 
en vir Heinrich van Schalkwyk van Groblershoop, wat moedeloos is vir al die kerklike aktiwiteite wat geen tyd laat vir 'n jeugprogram nie: 
"Prof, God het geen rus op Groblershoop nie!"
* En dan onthou ek natuurlik die jongmense van RAG in Bishop Lavis. Ek onthou die eerste ontmoeting in Julie 1993 by die Dora Falcke 
Sentrum in Muizenberg met die parmantige klein Victor Altensteadt wat heel voor in die saal op die vloer vanuit 'n sit-l-posisie hierdie 
vreemde oom agterdogtig aankyk. En watter leier het hy nie geword onder die gestrenge leiding van die immergroen Frank Julie nie. Hul 
blydskap kon nie groter gewees het as myne toe die eerste RAG Nuus die lig gesien het nie. En daarna het hulle  soos dit moet  skoon 
onder my uitgegroei tot een van die mees dinamiese jeugontwikkelingspunte in die land.
* Ek onthou programme spesifiek vir plaaswerkers: die geesdrif van Friersdale se leerders wat n 'n lang dag se werk donkeraand aangery 
word klas toe. Ek onthou die pryswenner op Katie en Andries Olivier se plaas en aande op die grasperk by Annie en Hermie Thirou.
* Ek onthou die verskriklike bergpad na Wuppertal en Horatio se jongste spruit wat op die agtersitplek vir ons veiligheid bid.
* Ek onthou 'n yskoue nag met 'n onverwagte kouefront op 'n bus vol voornemende skrywers vir 'n slypskool op pad na Brandvlei en 'n yl 
stemmetjie uit die donker, verkluimde stilte: "Sal iemand nie tog asseblief vir ons 'n koortjie insit nie".
* Ek onthou die lekker brrry-klanke wanneer Muriel Kroukamp met haar leerders praat.
* Ek onthou die trots van 'n Namavrou op Port Nolloth, die geesdrif van Calvinia en Carnarvon se deursettingsvermo. Ek onthou Glen Phike 
se o wat al dieper in die kaste begin terugsak.
* Ek onthou die blydskap van Hendrik Haas en sy leerders toe die boormasjien op Biesiespoort water skep en ek onthou die mooi 
gemeenskapstuin op Burgersdorp.
* Ek onthou die verslaentheid van leerders op Rosmead naby Middelburg met die skielike sluiting van Spoornet-aktiwiteite en daarna deur die 
jare die sigbare verarming van die mense totdat die projek ten einde moes loop. Dieselfde pad het ons geloop met Putsonderwater.
* Ek onthou die mense van Riemvasmaak en die naellope wat ons uitgevoer het van een prisopisboom na die ander. Dit was dae toe die 
termometer in die ou sendinggebou op 45 grade vasgehaak het.
* Ek onthou 'n vrieskoue winteroggend op Gariep toe ek en Horatio onder die storte agterkom daar is geen handdoeke nie.
* Ek onthou die lapa op die kraaknette sendingstasie van Vader Eckerstrfer se Nou Donzies en ek onthou die Augrabies in vloed. En veral 
onthou 'n mens die uitbundigheid van Alheit se leerders.
* Ek onthou ons groepie op die wreld se grootste handgemaakte hangbrug oor die Sakrivier tussen Kenhardt en Kakamas.
* Ek onthou die padkos van Chrissie Jacobs en die heeltemal te veel eet by die projekte: tot ses maaltye 'n dag.
* Ek onthou hoe Andrew Marais "Santa Lucia" sing in die rietskuiling van Lamprechtsdrif.
* Ek onthou die klein boerdery van leerder Hendrik Sass en ek onthou die hartseer van leerders by Putsonderwater oor 'n projek wat moes 
sluit.
* Ek onthou vir Chrissie en Cor Jacobs. Ek onthou leerders wat fluisterend praat oor engele op aarde. En vir Hendrik en Elda op Cromdale, 
en vir Elsa op Williston, en vir Alta Coetzee op Calvinia en vir Elna op Murraysburg, en vir almal, ja vir almal wat altyd vir ons onderdak 
gegee het.
* Ek onthou l ons studieleiers en gemeenskapsleiers, maar daar is nie plek vir al die name nie. Ons is lief vir julle! En veral vir julle 
leerders. Tot by die heel laaste onthou sal van die liedere nog by ons bly:
Dankie Here, dankie Here
 Dat ons ook kan lees en skryf
 En die wete tog so kosbaar
 Dat U woord ons lewe dryf.

Flip Strydom is die SBA se hoof: kommunikasievaardighede en ekonomiese geletterdheid.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av747.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

